Enrofloxacin 20% orale oplossing
Beskrywing
Enrofloxacinbehoort aan die groep kinolone en werk bakteriedodend teen hoofsaaklik Gram-negatiewe bakterieë soos Campylobacter, E. coli, Haemophilus, Mycoplasma, Pasteurella en Salmonella spp.
Samestelling
Bevat per ml:
Enrofloxacin: 200 mg.
Oplosmiddel ad.: 1ml
Aanduidings
Gastroïntestinale infeksies, respiratoriese infeksies en urienweginfeksies veroorsaak deur enrofloxacin sensitiewe mikro-organismes, soos Campylobacter, E. coli, Haemophilus, Mycoplasma, Pasteurella en Salmonella spp.by kalwers, bokke, pluimvee, skape en varke.
Kontra-indikasies
Hipersensitiwiteit vir enrofloxacin.
Toediening aan diere met 'n ernstige verswakte lewer- en/of nierfunksie.
Gelyktydige toediening met tetrasikliene, chlooramfenikol, makroliede en linkosamiede.
Newe-effekte
Toediening aan jong diere tydens groei, kan kraakbeenletsels in gewrigte veroorsaak.
Hipersensitiwiteitsreaksies.
Dosis
Vir orale toediening:
Kalwers, bokke en skape: Twee keer daagliks 10 ml.per 75 – 150 kg.liggaamsgewig vir 3 – 5 dae.
Pluimvee: 1 liter per 3000 - 4000 liter drinkwater vir 3 – 5 dae.
Vark: 1 liter per 2000 – 6000 liter drinkwater vir 3 – 5 dae.
Let wel: slegs vir voorherkouer kalwers, lammers en bokkies.
Onttrekkingstye
- Vir vleis: 12 dae.
Waarskuwing
Hou buite bereik van kinders.